Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-raadslid in Ekurhuleni verower gesogte liefdadigheidstitel

‘n Raadslid van die VF Plus in Ekurhuleni-metroraad, me. Denise Janse van Rensburg, het pas die Mev. Statebond Suid-Afrika-kompetisie se liefdadigheidstitel ingepalm.

Die kompetisie is Saterdag, 2 Augustus, in die Da Vinci-hotel in Sandton aangebied.

Die VF Plus wens me. Janse van Rensburg hartlik geluk met die prestasie. Sy is ‘n waardige wenner van die titel en verdien dit ten volle.

Die Mev. Statebond Suid-Afrika-kompetisie is ‘n bemagtigingsplatform vir getroude en geskeide vroue of weduwees tussen 20 en 55 jaar.

Dit fokus op gemeenskapsdiens, persoonlike groei en inspirasie deur middel van liefdadigheid en sosiale projekte.

Deelnemers ontvang mentorskap om hul persoonlike handelsmerk te bou en ondersteun inisiatiewe soos Pink Drive vir borskanker.

Hierdie besondere toekenning is ‘n bewys van me. Janse van Rensburg se onbaatsugtige diens aan die gemeenskap en haar betrokkenheid by mense se welstand.

Die “Liefdadigheid”-titel is een van die mees betekenisvolle toekennings in die kompetisie, en dit spreek boekdele van die wenner se toewyding aan diensbaarheid sonder verwagting van erkenning of vergoeding.

Me. Janse van Rensburg leef daagliks die waardes van gemeenskapsbou, medemenslikheid en diensbaarheid uit. Dit is waardes wat die VF Plus ten volle steun en bevorder.

Hierdie prestasie is nie net ‘n persoonlike triomf nie, maar ook ‘n inspirasie vir alle gemeenskapsleiers wat met oorgawe en deernis dien.

Die VF Plus sien uit na die positiewe impak wat sy in haar rol as Mev. Statebond Suid-Afrika-Liefdadigheid 2025 sal bring, nie net vir die party nie, maar vir almal in die gemeenskap.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.