fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-parlementêre span

Die Vryheidsfront Plus gaan ’n ervare span lede in die parlement hê. Dit is dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier; dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die party; dr. Corné Mulder, hoofsweep van die party en adv. Anton Alberts.

Driekwart van die lede het elk meer as twintig jaar parlementêre ervaring en dit sal adv. Alberts se tweede termyn in die parlement wees. Waar die ANC die meerderheid in die parlement en in al die komitees gaan hê, is aan opposisiekant ervaring dikwels meer werd as opposisiegetalle wat in elk geval deur die ANC doodgestem word.

In die Gauteng Wetgewer gaan mnr. Philip van Staden, huidige VF Plus-koukusleier in Pretoria en raadslid in die Tshwane-metroraad, die party verteenwoordig. Mnr. Hannes Schutte, ’n sakeman en ingenieur van Mahikeng gaan na die Noordwes se Wetgewer en mnr. Wouter Wessels, die VF Plus-jeugleier, na die Vrystaatse Wetgewer.

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.