Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus 13% groei en setelwins

Mediaverklaring

Tien van die 13 politieke partye wat in 2009 tot die parlement verkies is, het in 2014 se verkiesing swakker gevaar waarvan 4 nie na die parlement gaan terugkeer nie.

Net drie politieke partye het sedert die 2009 verkiesing gegroei. Dit is die DA, die UDM en die Vryheidsfront Plus.

Die VF Plus het met 13% gegroei vanaf 146 796 stemme in 2009 na 165 715 in hierdie verkiesing. Die party het ’n setel in Noordwes bygekry en al sy vorige setels behou. Die party het nou verteenwoordigers in Gauteng, Vrystaat, Noordwes en vier setels in die Parlement.

“Ek wil die ou en nuwe VF Plus-kiesers bedank vir hulle ondersteuning tydens hierdie verkiesing. Hulle
het die VF Plus bly ondersteun nieteenstaande ’n intensiewe DA-propagandaveldtog wat met radio advertensies en pamflette spesifiek op die VF Plus gemik was. Vanweë die finansiële ongelykhede van Suid-Afrikaanse verkiesingsveldtogte, wat deur staatsfondse veroorsaak word, is dit baie moeilik vir kleiner partye om op gelyke voet met ander partye mee te ding en op sulke propaganda te antwoord. Daarom is ek dankbaar vir die groot groei wat die party getoon het,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê.

Wêreldwyd is die politieke tendens dat minderheidsregte en die beskerming van minderhede meer en
meer op die voorgrond tree. Suid-Afrika sal daardie werklikheid nie vryspring nie. Dit verklaar waarom die VF Plus gegroei het en vir baie jare steeds ’n politieke rol sal speel.

Soos die DA groter word, is dit onafwendbaar dat die party sy klem na die behartiging van die
meerderheid se belange sal verskuif. Dit gaan in die toekoms meer en meer ruimte skep vir partye soos die VF Plus om hierdie minderheidsbelange in die politiek te behartig.

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.