Ek oorweeg nou reeds vir ’n geruime tyd om met die oorgang na ’n nuwe termyn na die verkiesing van 2014 uit die politiek te tree.
Na ’n hele aantal gesprekke met my gesin, familie, vriende en rolspelers oor ’n tyd het ek besluit dat dit nou na die verkiesing en voor die aanvang van die nuwe termyn die gepaste tyd sal wees.
Ek het die afgelope 20 jaar die party en die saak waarvoor die VF Plus staan met ywer gedien, sedert Februarie 2003 as leier van die party in Gauteng en later as lid van die Gautengse Wetgewer.
Dit is tyd dat ek voortgaan met die uitbreiding van my sake belange. Daarom het ek besluit om uit die aktiewe politiek te tree.
Ek neem dus nie die parlementêre setel vanuit Gauteng op nie.
Ek bly ’n trotse lid van die VF Plus en sal my bly beywer vir die regte van ons mense en veral voortaan fokus op die behaling van selfstandigheid in die Noordwes-Kaap.
Dankie aan almal met wie ek die afgelope 20 jaar kon saamwerk. Ek bid die leierskap en elkeen in die VF Plus krag, wysheid en genade toe met die taak wat wag.
Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het in sy reaksie sy dank en waardering teen mnr. Mulder uitgespreek. “Jaco Mulder het sedert hy leier van Gauteng geword het, die VF Plus in die provinsie baie suksesvol uitgebou tot die vierde grootste party in Gauteng bokant die ACDP, IVP en talle ander partye. Hy het as voorsitter van die VF Plus se strategiekomitee ’n groot rol gespeel in die herloodsing van die party voor die 2014-verkiesing. Hiervoor is ons hom baie dank verskuldig,” volgens dr. Mulder.
Kontaknommers: 082 466 3786 / 083 419 5403