Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-ondersteuners vestig groentetuin by Brakpan-kinderhuis

‘n Groep VF Plus-ondersteuners het Saterdag gewapen met tuingereedskap by die East Rand Children Haven in Brakpan opgedaag en begin met die voorbereidings om ‘n groentetuin te vestig. Die dag is afgesluit met raakrugby.

Die kinderhuis huisves 20 kinders tussen die ouderdom van 2 tot 17 jaar.

Die VF Plus in Brakpan sal weekliks die kinderhuis besoek om die groentetuin te help bewerk en die kinders meer leer oor die plant van groente.

Hulle bring ook tyd deur met die kinders omdat nie almal hul ouers oor naweke kan besoek nie.

Die VF Plus het ‘n passie vir kinders en glo dat hul vormingsjare belangrik is vir sosiale-, fisieke-, en kognitiewe-ontwikkeling en om sodoende ‘n verskil in hul lewe te maak.

Navrae: 072 217 1951

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.