Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus ondersoek Johannesburg se hoër kragtariewe

Die nuwe voorgestelde voorafbetaalde elektrisiteitstariewe van die Johannesburgse metroraad kan verbruikers tot 66% meer uit die sak jaag en die VF Plus gaan dit ondersoek om vas te stel of dit so hoog is sodat betalers weereens die nie-betalers moet dra.

Nog slegte nuus is dat daar glo ‘n verdere R200-tariefheffing by die meeste belastingbetalers se rekenings gevoeg word, buiten op eiendomme met ‘n geldwaarde van minder as R350 000.

Verbruikers wat tussen 0 tot 350kw elektrisiteit verbruik, sal 65% meer vir elektrisiteit betaal.

Die verhogings op voorafbetaalde elektrisiteitsmeters strek ongelukkig verder. ‘n Huishouding wat tussen 350 tot 500kw verbruik, sal 49% meer betaal terwyl verbruikers van 500 tot 1 000kw, 40.6% meer sal moet opdok.

Johannesburgers het juis in die verlede verkies om voorafbetaalde meters te installeer omdat die stad verkeerde en gemiddelde lesings op verbruikers se rekeninge geplaas het.

Die VF Plus gaan dringend die voorgestelde tariefverhogings ondersoek. Die party is nie gekant teen verhogings nie, maar dit moet in verhouding wees met die Nasionale Energie-reguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se voorgestelde verhogings.

Kontaknommer: 082 358 3882

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.