Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende ingryping by Tswaing-plaaslike munisipaliteit oor chaotiese dienslewering

Die chaos in die Tswaing-plaaslike munisipaliteit wat veronderstel is om Delareyville, Ottosdal en Sannieshof te bedien, het nou totaal handuit geruk.

Inwoners van hierdie dorpe gaan reeds jare gebuk onder swak dienslewering, maar dienslewering het nou heeltemal tot stilstand geknars met munisipale werkers wat tot ‘n staking oorgegaan het. Werkers staak omdat hul salarisse reeds vir twee weke uitstaande is.

Die gemeenskap van Letshopa buite Ottosdal het begin met betogings oor die nie-lewering van dienste en onafgehandelde projekte. Hoofroetes is tans afgesper en moet vermy word.

Die Munisipale gebou en pakhuise is ook aan die brand gesteek en daar is nie ‘n werkende brandweerwa om die brand te blus nie. Dit is weereens die plaaslike ekonomie en getroue belastingbetalers wat die meeste hieronder ly.

Dit is ‘n skande dat ‘n eens florerende en vreedsame plattelandse gemeenskap effektief gyselaar gehou word deur omstandighede wat geskep is deur ‘n onbevoegde plaaslike ANC-regering.

Die VF Plus dring aan op ingryping deur die provinsiale- sowel as nasionale regering om die situasie op te los.

Kontaknommer: 079 885 1135

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.