fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus onderhandel afslag vir pensioenarisse

Die VF Plus in Johannesburg het weer vanjaar die Johannesburgse metro versoek om pensioenarisse van ouer as 70 jaar te onthef van grondbelasting. Die versoek het betrekking op eiendomme wat minder as R2 miljoen werd is.

Dit volg nadat die VF Plus-raadslid in die metro, Franco de Lange, se soortgelyke versoek in die 2012/2013-belastingjaar deur die metro goedgekeur en in werking gestel is. Verlede jaar het alle pensioenarisse vanaf 70 jaar oud vir die korting van 100% gekwalifiseer. Die raad vereis dat hierdie versoeke jaarliks ingedien word.

“Na verlede jaar se suksesvolle aansoek het ons besluit om hierdie jaar te versoek dat die afsny-ouderdom vir die 100% korting op grondbelasting aan persone bo 60 jaar, met ‘n inkomste van minder as R10 00.00 per maand ingestel word”, het De Lange gesê.

“In die verlede het die metro slegs korting aan pensioenarisse wat minder as R7 000.00 per maand verdien, toegestaan. Ons gaan ook verder versoek dat ‘n korting van 50% vir die persone wat minder as R15 000 verdien, ingestel word. Dit is in teenstelling met verlede jaar se besluit waar pensioenarisse slegs vir ‘n 50% korting gekwalifiseer het as hulle ‘n maandelikse inkomste van R12 000 of minder gehad het”, sê De Lange.

Dit is belangrik dat pensioenarisse wat wel vir die afslag kwalifiseer by hul naaste munisipale kantore moet aanmeld om vir die korting te registreer.

 

Franco de Lange

082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.