fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus neem probleme met Mbombela se uitvoerende raad na reëls en etiekkomitee

Kort nadat die VF Plus 496 onuitgevoerde raadsbesluite in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit ontbloot het, word die munisipale uitvoerende raad weer ontbloot omdat hulle versuim het om staande raadsverordeninge uit te voer.

Skriftelike vrae aan die burgemeester is volgens aangaande verordeninge veronderstel om voor of op elke gewone raadsvergadering beantwoord te word.

Daar is 17 onbeantwoorde skriftelike vrae en talle mondelingse vrae van die VF Plus sedert Januarie 2022 nog nie beantwoord nie.

Die VF Plus het ʼn wysigingsdokument aan die reëls- en etiekkomitee gestuur wat die raad se staande verordeninge kan verander om seker te maak dat alle vrae binne ʼn tydperk van 21 kalenderdae beantwoord word.

Ingevolge die huidige stelsel is die spertyd vir skriftelike vrae drie maande. Mbombela ly onder swak dienslewering en raadslede kan nie onder die bestaande stelsel produktief funksioneer nie.

Tot op hede bly vrae van tot Januarie 2022 aan die uitvoerende burgemeester, Sibongile Makushe, die munisipale bestuurder, Wiseman Khumalo en die speaker, William Nkhata, onbeantwoord.

Hierdie skriftelike en mondelinge vrae wat van toepassing is op dienslewering in verskeie dele van die munisipaliteit, moet beantwoord word voordat die gewone kwartaallikse raadsvergadering plaasvind. Dit gebeur egter nie.

Voorbeelde van vrae sluit die volgende kwessies in:

• Witrivier se groot wateruitdagings.
• Boetes aan inwoners wat met water- en elektrisiteitsmeters peuter.
• Wateroudits en aanhoudende vorderingsverslae.
• Die tekorte aan verkeerspolisievoertuie in Mbombela.
• Munisipale parke en privaat erwe wat nie skoongemaak word nie en groot misdaadprobleme veroorsaak.
• Waardevermindering van eiendom weens swak dienslewering en misdadige elemente wat inwoners terroriseer.

Die beantwoording van vrae moet deel van die munisipaliteit se pogings wees om verantwoordbaar en deursigtig te wees in sy hantering van belastingbetalersgeld en besluite.

Hierdie gebrek aan aanspreeklikheid van die ANC-bestuur ondermyn die prosesse van die raad en benadeel elke inwoner wat wag op dienslewering en verandering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.