Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kragonderbrekings in Standerton kan suksesvol opgelos word

ʼn VF Plus-afvaardiging het vandeesweek met die munisipale bestuur van die Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Morgenzon, Standerton) vergader om alternatiewe oplossings te bespreek vir die krisis rondom kragonderbrekings by die BB-substasie.

Dié substasie, wat krag voorsien aan wyk 10 in Standerton, se infrastruktuur is in ‘n haglike toestand .

Die dringende vergadering met die munisipale bestuurder, mnr. Morwa Lamola, volg op aanhoudende kragonderbrekings by die BB-substasie.

Dit het ‘n negatiewe impak op die sentrale sakegebied, nooddienste, skole, die Kieser-reservoir en plaaslike huishoudings.

ʼn Oorsigbesoek aan die BB-substasie het gewys dat die substasie erg gevandaliseer is tydens ʼn inbraak in Februarie 2022. Skade van ongeveer R1 miljoen is aangerig.

Toerusting, insluitende panele en noodsaaklike batterye, is tydens hierdie inbraak beskadig. Dit veroorsaak dat die totale lading van hierdie substasie, veral op koue dae, sy vermoë oorskry. Brekers word oorlaai wat dan die kragonderbrekings veroorsaak.

Sakeondernemings en inwoners wat hul kragtoevoer van hier af ontvang, gaan reeds gebuk onder die huidige beurtkrag en verdere onbeplande kragonderbrekings, het ‘n verwoestende finansiële impak op hulle.

Hierdie kwessies is tydens die vergadering onder mnr. Lamola se aandag gebring. Hy het onderneem om die herstel van hierdie substasie te prioritiseer.

Die VF Plus sal volgehoue druk toepas om te sorg dat hierdie herstelwerk plaasvind.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.