fbpx
Vryheidsfront Plus

Groot dele van Emfuleni staar totale duisternis in die gesig

Groot dele van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) stuur op algehele duisternis af weens die munisipaliteit se bankrekening wat die afgelope drie maande deur Randwater en vanaf verlede jaar deur Eskom gevries is.

Eskom het verlede week ʼn stap verder gegaan en beslag gelê op Emfuleni se beleggingsrekening.

Indien die munisipaliteit vir skuldverligting by Eskom aansoek doen, kan die elektrisiteitverskaffer moontlik die beslaglegging op dié rekening lig. Die munisipaliteit kan tans nie krediteure of kontrakteurs betaal nie en die gevaar bestaan dat die kragnetwerk totaal in duie kan stort.

Die gebiede wat die meeste onder kragonderbrekings deurloop is Stephanpark, Boipatong en die sakegebied van Vanderbijlpark.

Die enigste oplossing om dié gebiede se kragprobleme op te los, was om Eskom te nader vir kwytskelding van beurtkrag en ladingsvermindering toe te pas.

Dit is egter nie volhoubaar nie omdat die enigste transformator wat die gebied bedien, oorverhit en nie die lading veel langer sal kan hanteer nie.

Die Townsubstasie vanwaar die krag versprei word na dié gebiede, benodig drie MVA-transformators om te sorg dat kragvoorsiening volhoubaar is.

Die kontrakteur wat aangestel is om die twee onklaar transformators te vervang, is nie betaal nie. Om dié proses van vooraf te begin, sal inwoners tussen 12 en 18 maande moet wag voordat die kragtoevoer gestabiliseer is.

Indien Eskom besluit om beurtkrag weer in die gebiede toe te pas, sal die enigste transformator waarskynlik ingee en inwoners in totale duisternis laat.

Die res van Emfuleni se substasies ondervind ook probleme wat gou aangespreek moet word. Die probleme hou egter nie op met kragvoorsiening nie. Weens ʼn tekort aan geld, voertuie en onderdele, word rioolverstoppings en waterlekkasies nie herstel nie.

Eskom het Oktober verlede jaar op die munisipaliteit se vloot beslag gelê wat dienslewering basies tot stilstand geruk het.

Die VF Plus het die ANC-beheerde Emfuleni-munisipaliteit al telkens gewaarsku om sy wanbestuur te stop en het voorstelle ingedien hoe om die munisipaliteit van totale verval te red.

Die ANC beskik nie oor die politieke wil of vermoë om Emfuleni te red nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.