fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-Mpumalanga woedend oor sinnelose moord op Gerrit Stander tydens plaasaanval in Witrivier

Die VF Plus betuig hiermee sy innige meegevoel met die familie en vriende van mnr. Gerrit Stander (38) wat wreed in sy huis op 'n kleinhoewe in Plaston, Witrivier, vermoor is.

Mnr. Stander is gisteroggend omstreeks tweeuur deur die blaf van sy honde gewek, maar sy aanvallers het toe reeds toegang tot die huis gehad en het hom oorrompel en geskiet.

Die VF Plus in Mpumalanga is tans besig om vrae aan die betrokke owerhede te rig oor die gebied se sektorpolisiëring en of die polisie se landelike veiligheidsplan deur die Witrivier-polisiekantoor uitgevoer is, in besonder waar sigbare polisiëring op landelike eiendomme van toepassing is.

Dit is belangrik om te weet of die gemeenskapspolisiëringsforum in die gebied ingestel is en of prioriteitsvergaderings met inwoners van die gebied wel plaasvind. Die Witrivier-polisie moet deur Mpumalanga se kommissaris, genl. Bethuel Zuma, en die LUR vir veiligheid, mev. G.C. Tshabalala, aan die VF Plus bevestig of reserviste al in die plaaslike diens bestaan, en of daar ’n poging is om hulle op te lei.

Die VF Plus is van mening dat die vrae wat oor hierdie noodlottige aanval aan die owerhede gestel word, belangrik is om groter veiligheid in die gebied te bewerkstellig en om vas te stel of die polisie die nodige hulpmiddels het om so 'n tragedie in die toekoms te voorkom.

Die VF Plus wil ook weet of die polisie voorsiening gemaak het vir sigbare polisiëring in die Plaston-omgewing.

Navrae: 084 652 9164 076 687 2830

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.