fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-Mpumalanga vra vir blitsdebat in provinsiale wetgewer oor toerismebedryf

Die Vryheidsfront Plus het ingevolge reël 92 van die provinsiale wetgewer-reëls, ‘n blitsdebat aangevra om die benarde toestand waarin die toerismebedryf in die provinsie verkeer, te debatteer.

Die VF Plus het vandag in ‘n skrywe aan die speaker, mev. Busisiwe Shiba, en die wetgewer se sekretaris, mnr. Linda Mwale, versoek dat die debat vir Donderdag, 30 Julie geskeduleer word. ‘n Antwoord word nog afgewag.

Die VF Plus het die debat in die wetgewer versoek in ‘n poging om alle politieke partye te verenig en ‘n boodskap aan die president en departement van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta) te stuur om die toerismebedryf in Mpumalanga toe te laat om op ‘n verantwoordelike manier te heropen om dié bedryf en die plaaslike ekonomie te red.

Die plaaslike toerismebedryf het reeds memorandums aan die LUR vir tesourie en toerisme, mnr. Petrus Ngomane, oorhandig. Hiermee poog die bedryf om die haglike omstandighede waarin die toerismebedryf verkeer, onder die provinsiale regering se aandag te bring en by die LUR aan te dring om onmiddellik stappe te neem om hierdie bedryf van ekonomiese ondergang te red.

Terwyl daar gewag word op ‘n reaksie van die speaker en sekretaris rakende die blitsdebat, is die bedryf besig om in duie te stort. Gesinne, werknemers en ondernemings trek swaar en kort voor lank gaan die hele gemeenskap ekonomies verpletter wees.

Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.