fbpx
Vryheidsfront Plus

Gauteng-regering moet verantwoordelik optree om totale ekonomiese ineenstorting te voorkom

(Ledeverklaring in Gauteng-wetgewer)

Die enigste uitweg om totale ekonomiese en sosiale ineenstorting in Gauteng te voorkom, is vir die ANC-regering in die provinsie om verantwoordelik en sonder rasse-voorkeur op te tree om so samewerking tussen alle groepe te bewerkstellig. 

Die VF Plus het in 'n ledeverklaring tydens ‘n virtuele sitting van die Gautengse wetgewer daarop gewys dat voortgesette rassediskriminasie verdeeldheid in die provinsie saai en inwoners op ‘n trajek van ongekende armoede plaas. Politici wat veronderstel is om leiding te neem en stelsels te implementeer om belastingbetalers te beskerm, het die gemeenskap gefaal.

Die ANC-regering het verkies om ondernemings in Gauteng af te knou en te ruïneer deur finansiële hulp op ‘n rassebasis toe te ken.

Kospakkies wat veronderstel was om armes gedurende die Covid-19-pandemie te voed, het in die hande van kaders beland. Dit is hierdie kaders wat die drome en hoop van die mense van Gauteng verwoes en dit wil voorkom of niks die korrupsie kan stop nie.

Die Covid-19-damwal is besig om te bars en daarom moet dringend ‘n manier gevind word om saam te werk ten einde ‘n beter toekoms vir al Gauteng se inwoners te skep.

Die VF Plus sal nie sy fokus verloor nie en sal die regerende party se foute uitwys om sodoende ‘n regering sonder korrupsie daar te stel.

Navrae: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.