Mnr. Gert van Heerden van die Magareng-munisipaliteit (Warrenton), VF Plus-raadskandidaat en -takvoorsitter, het die afgelope jare self ingespring en die dorp se slaggate opgevul met gruis wat deur die munisipaliteit voorsien is, sê dr. Wynand Bohoff, die VF Plus se leier vir die Noordkaap.
Dr. Boshoff sê mnr. Van Heerden het selfs die sypaadjies en openbare ruimtes se gras gesny.
Vroeg in 2017 is hy met arrestasie gedreig as hy weer munisipale voorraad gebruik in sy poging en is hy ingelig dat daar geen slaggate opgevul gaan word nie weens geldtekort.
“Mnr. Van Heerden het die afgelope maande onder meer lekkende brandkrane by die munisipaliteit aangemeld. Die antwoord was dat daar weens die droogte nie geld vir herstelwerk is nie.
“Deur bemiddeling van die VF Plus het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en die departement van water en sanitasie ingegryp. Brandkrane is herstel, slaggate opgevul en mnr. Van Heerden sny steeds die gras met eie toerusting, sonder enige vergoeding,” sê dr. Boshoff.
• Die meegaande foto’s is aanduidend van die munisipaliteit se swak diens.
Kontaknommers: 074 166 5540