Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Fitch Ratings se afgradering wys hoe die Zuma-tsunami oor SA rol

Fitch Ratings se afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus, wys dat die tsunami van roekeloosheid wat president Jacob Zuma losgemaak het met sy laaste kabinetskommeling, steeds sterk oor Suid-Afrika se ekonomiese landskap rol, sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê dit kan verwag word dat Moody’s dieselfde sal doen en dat Suid-Afrika dan totale rommelstatus sal hê weens pres. Zuma en sy kaders in die vorm van die Gapta-familie en ander blind-lojale Zuma-ondersteuners.

Hy sê die enigste lig van hoop wat skyn is groeiende burgerlike weerstand soos vandag gesien is in optogte regoor die land van mense uit alle agtergronde wat eis dat pres. Zuma bedank.

“Dit is ‘n belangrike beweging want dit stuur ‘n sterk sein aan die buiteland en aan beleggers dat daar wel ‘n opwelling teen pres. Zuma is en die moontlikheid bestaan dat hy dalk voor 2019 uit die tuig gedwing sal word, of dat die ANC in 2019 sy meerderheid sal verloor sodat ‘n koalisieregering van opposisiepartye ‘n nuwe, verantwoordelike regering daar sal stel.

“Die VF Plus adviseer almal om versigtig met hul begrotings te werk, om skuld te verminder aangesien ons ‘n onstuimige tyd ingaan. Stabiliteit kan net herstel nadat die ANC vervang is deur ‘n verantwoordelike koalisieregering.

“Mense moenie mismoedig raak nie, want soos die optogte vandag gewys het lê die mag in die hande van die publiek om die regte veranderinge te bring.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.