fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus maan Tshwane-metro om sy eie bywette toe te pas

Die Vryheidsfront Plus in Pretoria het gister tydens die maandelikse raadsvergadering van die Tshwane Metro, die raad gewaarsku om sy eie bywette te begin toepas op sy eie departemente en amptenare.

Tydens die debat waar die gesondheidswet vir kinderdienste op die tafel gedien het, het die VF Plus die Metro aangevat omrede hul kleuterskool by die Groenveld- en Heuwel woonstelle in Proklomasieheuwel elke liewe bestaande bywet verbreek.  Die leier van die VF Plus in Pretoria en leier in die raad, Rdl. Philip Van Staden, het aan die raad genoem dat die VF Plus in 2012 ‘n verslag van 704 bladsye oor die betrokke kleuterskool van die raad aan die petisiekomitee oorhandig het met volledige beëdigde verklarings en fotos.

“Die betrokke kleuterskool van die raad is in ‘n chaotiese toestand. Daar bestaan geen leerplan van die Gauteng Onderwysdepartement nie en daar is geen gekwalifiseerde onderwysers nie.  Die toilette en kombuis is in een vertrek en stoute kinders word in hokke toegesluit.  Vir die veertig kinders is daar net een in- en uitgang, die riool loop oor en die gebou se kragboks is in dieselfde vertrek geleë waar die kinders speel, wat lewensgevaarlik is.”

Die VF Plus wou weet of die stad oor genoegsame inspekteurs beskik en of daar ‘n inspeksieplan bestaan waarvolgens hul werk om toesig oor kleuterskole in die stad te hou. 

“Die VF Plus ondersteun enige bywet wat die lewens van kinders beskerm maar die stad moet sy eie bywette ook begin toepas. Ons as ‘n Metroraad kan nie aan inwoners van die stad wil voorskryf wat om te doen as ons dit nie self doen nie”.

Die VF Plus sal die bywet met ‘n valkoog dophou en toesien dat die bywet korrek uitgevoer word.

 

Raadslid Philip van Staden, Tshwane Metro

VF Plus Pretoria Streekleier

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / philipvastaden@yahoo.co.uk

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.