Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verkla man wat wit bedelaar op sosiale media beledig by MRK

Die VF Plus het klagte van moontlike haatspraak, rassisme en diskriminasie by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen mnr. Lindo Buthelezi, die man wat ‘n selfgemaakte video op sosiale media versprei het waarin hy ‘n wit bedelaar op straat beledig.

In die video sê mnr. Buthelezi onder meer (onvertaal):

• “White people are murderers, my man. You`ve killed our forefathers, you are here illegally and you still want me to give you a R2.00. My man I feel disrespected”;

• “How can you help people who have killed your entire generation and enslaved your people, it`s wrong”; and

• “but my forefathers will kill me if I had to give a R2.00 to a white guy”.

Dit is die VF Plus se mening dat hierdie uitlatings haatspraak, rassisme en diskriminasie teen witmense is.

Dit is rassisties polariserend en uiters beledigend teenoor alle wittes en benadeel sosiale samehorigheid in Suid-Afrika, aangesien hierdie standpunte nie verteenwoordigend is van die standpunte en waardes van die meerderheid mense in die land nie. Oningeligtes kan dit wel so vertolk.

Die VF Plus verwag van die MRK om die uitlatings van mnr. Buthelezi dringend te ondersoek en die gepaste stappe teen hom te neem om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

Die VF Plus sal terugslaan teen alle vorme van rassisme en pogings om sosiale samehorigheid in die Suid-Afrikaanse samelewing te ondermyn.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.