Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Registreer om saam met die VF Plus vir jou toekoms te veg

Ná 25 jaar van agteruitgang onder die ANC-regering, is dit allerbelangrik om u laaste kans hierdie naweek (26 en 27 Januarie) aan te gryp om te registreer om aan vanjaar se algemene verkiesing deel te neem.

Mense wat nog steeds nie seker is of hulle geregistreer is nie, kan ‘n spesiale VF Plus-webblad besoek by www.isekgeregistreer.co.za , u kan die nommer 0861-700-700 skakel, of u kan u id. nommer sms na 34139.

Dit is ‘n spesiale diens wat die VF Plus bied om voornemende kiesers te help om te weet of hulle geregistreer is. Maak ook seker dat u adres op die kieserslys verskyn om te kan stem.

Indien u steeds nie seker is oor die belangrikheid van u stem of die Suid-Afrikaanse kiesstelsel nie, kan u gerus hier lees https://www.vfplus.org.za/nuutste-nuus/verkiesing-2019-die-mites-leuens-en-waarheid-oor-jou-kruisie om duidelikheid daaroor te kry.

Die VF Plus wil benadruk dat elke stem tel, en dat sekere partye se propaganda vals en misleidend is deur aan kiesers te sê dat net ‘n sekere party of partye die ANC en EFF doeltreffend kon opponeer.

Elke opposisiestem dra ewe veel gewig. Stem daarom vir die party wat jou waardes en belange verteenwoordig en wat dit kan indra – hetsy in ‘n opposisie-koalisie teen die ANC, of in ‘n koalisieregering waar die ANC by die stembus geklop word.

Die tyd het aangebreek om terug te slaan teen ‘n ANC-regering wat Suid-Afrika tot op die land van vernietiging gelei het. Registreer en help die VF Plus om vir u belange te veg. Dit is nou of nooit.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.