Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-lid in Vereeniging help gesin in nood na brand

Lid van die VF Plus, Tersia Venter, het die afgelope naweek ingespring om ‘n gesin wie se huurhuis in Peacehaven, Vereeniging, gedeeltelik in ‘n brand verwoes en ‘n 4-jarige kind dood is, te help en van noodsaaklike kos, klere en meubels te voorsien.

Die huis wat Nomvula Nzono (33) huur is op 17 Julie gedeeltelik in ‘n brand verwoes waarin haar 4-jarige kind, Thami, gesterf het.

Venter het kort nadat sy van die tragedie gehoor het ‘n netwerk-groep gestig en is oorweldig met die reaksie uit die gemeenskap. Inwoners van Vereeniging het nie geskroom om dadelik te reageer en ondersteuning aan te bied nie.

Die onbaatsugtige ondersteuning is weer ‘n bewys van mense se grootmoedigheid en medemenslikheid in die Covid-19-tydperk wat baie mense moedeloos gelaat het.

Die VF Plus is trots op sy lede wat nie skroom om mense in nood te help nie en is ‘n uitstekende voorbeeld hoe mense sonder voorbehoud kan saamwerk.

Navrae: 083 263 9590

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.