Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-leier moedig inwoners van Wyk 42 in Tshwane-metro aan om VF Plus se hand te versterk vir beter dienslewering

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald het vandag Wyk 42 in die Tshwane-metro besoek as deel van die party se veldtog vir die komende tussenverkiesing in dié wyk.

Dr. Groenewald het tydens sy besoek gesê dat die tussenverkiesing wat op 3 Augustus plaasvind, aan inwoners die geleentheid bied om ‘n sterk boodskap aan die ANC te stuur in aanloop tot die algemene verkiesing in 2024.

Volgens dr. Groenewald is daar hoop om die ANC in 2024 onder 40% te dwing om dit sodoende moeilik vir dié party te maak om ‘n koalisieregering met ander partye te vorm om Suid-Afrika verder die afgrond in te bestuur.

Daar moet eerder ‘n stabiele nuwe regering uit opposisiepartye gevorm word om Suid-Afrika vorentoe te neem in die beste belang van al sy burgers.

Die VF Plus se groei bewys dat hy ‘n belangrike rolspeler in die vorming van só ‘n koalisieregering sal wees.

Die VF Plus is verder daartoe verbind om gemeenskappe se regte te bevorder om hulle in samewerking met burgerregte- en ander gemeenskapsorganisasies in staat te stel om beheer oor hul omgewings te neem.

Die inwoners van Wyk 42, wat Waterkloof, Waterkloof-Rif, Waterkloof-Hoogtes, Monumentpark en Erasmusrand insluit, word aangemoedig om op 3 Augustus ‘n verandering teweeg te bring in hul buurte deur vir die VF Plus se kandidaat, Daniël Laäs, te stem.

Sonder verandering sal daar geen verbetering wees nie en met ‘n stem vir die VF Plus sal inwoners die party se plan vir beter dienslewering steun.

Indien die VF Plus ‘n sterker rolspeler in die koalisieregering van Tshwane-metro is, versterk dit die party se hand om inwoners daadwerklik te dien en verbetering in die metro te verseker.

Die VF Plus staan op teen die oorsake van swak dienslewering wat insluit kaderontplooiing, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

In aanloop tot 2024 is dit van kardinale belang om die teenkanting teen dié beleidsrigtings wat Suid-Afrika vernietig het, te versterk.

In die komende tussenverkiesings tot en met die algemene verkiesing is dit die oogmerk van die VF Plus om sodanige teenkanting teen hierdie ANC-beleide te bewys en te mobiliseer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.