Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dring aan op optrede teen munisipaliteite wat wetlike voorskrifte oor watersuiwering verontagsaam

Dit is totaal onaanvaarbaar dat munisipaliteite hulle nie steur aan wetlike voorskrifte rondom die behandeling van rioolwater nie en dat die departement van water en sanitasie (DWS) klaarblyklik argeloos hieroor staan.

Uit skriftelike vrae van die VF Plus aan die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, blyk dit dat slegs dertien uit negentig munisipaliteite enigsins gereageer het op skriftelike aanmanings van die departement oor gebrekkige watersuiwering by die munisipaliteite se water-aanlegte. (Vrae en antwoorde hiernaas).

Die ‘kritieke wanfunksionering’ van dié negentig munisipaliteite se watersuiweringstelsels is uitgewys in die jongste Groendruppel-verslag. Aan die hand hiervan het die departement elk sestig dae gegun om skriftelike planne voor te lê om die probleem op te los.

Hierdie wetlike vereiste is bloot geïgnoreer en in die minister se antwoord aan die VF Plus word geen melding van enige optrede gemaak nie.

Die VF Plus sal by die minister daarop aandring dat daar sterk en sonder versuim teen die rekenpligtige beamptes van die betrokke munisipaliteite opgetree word.

Gewone landsburgers wat landswette oortree, word vervolg, maar vir munisipale amptenare wat die wet oortree soos hier duidelik gebeur, is daar klaarblyklik ‘n ander stel reëls.

Omgewings- en waterwetgewing maak ruim voorsiening vir die vervolging van persone wat toelaat dat waterbesoedeling plaasvind.

Die publisering van die Blou (gehalte van drinkwater)- en Groendruppel (gehalte van gesuiwerde rioolwater)-verslae is verlede jaar weer op aandrang van die VF Plus ingestel nadat dit laas in 2013/14 gedoen is.

Die doel daarvan is juis om ernstige probleme rondom waterbesoedeling en die groeiende tekort aan drinkbare water op te los.

Water is ‘n kosbare kommoditeit in Suid-Afrika en daar mag nie toegelaat word dat die land se waterbronne soos riviere en ondergrondse bronne op groot skaal besoedel word soos wat tans gebeur nie.

Die departement het verlede jaar, met die herinstelling van die verslae se bekendmaking, gesê dit word gedoen om munisipaliteite verantwoordbaar te hou en dat daar streng teen oortreders opgetree sou word. Dit het nie gebeur nie.

Dit wil vir die VF Plus voorkom of die jarelange gebrek aan optrede ‘n houding van totale argeloosheid onder munisipaliteite laat ontstaan het en dat die instandhouding van aanlegte dienooreenkomstig agterweë gelaat is.

Luidens die minister se antwoord het slegs ses van die dertien munisipaliteite wat gereageer het, planne voorgelê terwyl sewe òf uitstel, òf departementele hulp aangevra het.

Sewe en sewentig munisipaliteite het die departementele aanmanings bloot geïgnoreer.

Tot daar nie opgetree word teen die skuldiges nie, is die Blou- en Groendruppel-verslae nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

 

Vrae en antwoorde aan die minister:

(1) Whether, with reference to his department’s statement in its report to the Portfolio Committee on Water and Sanitation on 6 June 2022, that all municipalities whose waste water plants are in a critical condition of dysfunction were instructed to submit turnaround plans within 60 days after the publication of the Green Drop Report, he will indicate the total number of municipalities that were instructed to submit turnaround plans; if not, why not; if so, what total number of municipalities (a) did comply and/or (b) did not comply with the specified instruction;
(2) whether he will make a statement on the matter?
NW2756E
—00O00—

MINISTER OF WATER AND SANITATION

(1) A total of 90 Water Service Authorities responsible for 334 wastewater collection and treatment systems that achieved less than 30% during the Department’s Green Drop Assessment were issued with non-compliance letters and instructed to prepare and submit corrective action plans as highlighted in the Green Drop 2022 Report.

(a) Six (6) of the Water Services Authorities have complied and submitted action plans which are currently being considered by the Department as follows:
• Joe Morolong LM
• Ndlambe LM
• Koukamma LM
• Hessequa LM
• Alfren Nzo DM
• Langeberg LM

Two (2) Water Service Authorities indicated below have requested and granted additional time to develop action plans:
• Emthanjeni LM
• Dipaleseng LM

A further five (5) Water Services Authorities did not provide action plans but requested support from DWS as follows:

• Dr Beyers Naude LM
• Siyancuma LM
• Zululand DM
• Khai Ma LM
• Blue Crane LM

(b) Seventy-seven (77) Water Services Authorities did not adhere to their non-compliance letter issued.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.