Die VF Plus se fokus is reeds ten volle geplaas op die algemene verkiesing in 2019 en dié veldtog word aktief ingelui met ‘n reeks openbare vergaderings waar die leier van die party, dr. Pieter Groenewald, met die publiek gesprek gaan voer oor verskeie sake van belang.
Dit maak ook deel uit van die VF Plus se “Slaan terug SA"-veldtog om die publiek en internasionale gemeenskap in te lig oor kwessies soos onteiening sonder vergoeding en om die party se beleid en toekomsvisie uit te dra.
Die vergaderings wat reeds gereël is vir die nabye toekoms is:
19 April (Donderdag) : Coligny (NG-Oos-Kerksaal 18:00)
20 April (Vrydag) : Petrus Steyn (NG-Kerksaal 18:00)
23 April (Maandag) : Viljoenskroon (AP-Kerksaal-saal 18:00)
25 April (Woensdag) : Vaalwater (Boeresaal 18:00)
9 Mei (Woensdag) : Rustenburg (Burgersentrum-banketsaal 18:00)
Die publiek en die media word vriendelik genooi om die vergaderings by te woon.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216