Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-lede in Vanderbijlpark rol moue op en sny self gras by gevaarlike kruisings

Die laksheid van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) om die veiligheid van inwoners te verseker, het die VF Plus genoop om in te gryp en die lang gras rondom die kruising van Shakespeare- en Faradaystrate in Vanderbijlpark te sny ná ‘n vroulike motorfietsryer onlangs hier raakgery is.

Die vrou se man het die VF Plus om hulp genader omdat die lang gras op die kruising die sigbaarheid van aankomende voertuie belemmer.

Die VF Plus-lede Daan Branders, Gert Engelbrecht en Dirk Crafford het dadelik hul hulp aangebied en die gras gesny.

Dit is die VF Plus-span se tweede grassny-aksie vandeesmaand. Die vorige keer het hulle die gras op die middelman van die Christiaan de Wet- en Frikkie Meyer-kruising gesny wat die uitsig vir verkeer in beide rigtings belemmer het.

Die VF Plus is deurgaans betrokke by projekte in Emfuleni om inwoners by te staan met diensleweringsprobleme. In die begin van die jaar moes die VF Plus dringend ingryp en inwoners van Bonanne en Stefanopark nader om self te betaal vir die aankoop van ‘n kragkabel om ‘n vyfdae lange-kragprobleem op te los. Fondse is ook al ingesamel om substasies te herstel en meer.

Dis ‘n skande dat inwoners wat getrou hul belasting aan die munisipaliteit betaal, self moet inspring om infrastruktuur te herstel en dienste te lewer wat die grondwetlike plig van ‘n munisipaliteit is.

Die tyd het aangebreek om van die ANC ontslae te raak en hom te vervang met ‘n bevoegde munisipale regering.

Navrae: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.