Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus laat Elginweg in Kemptonpark herleef

Die VF Plus-raadslede en -ondersteuners het Woensdag self moue opgerol om slaggate in Elginweg in Kemptonpark te herstel.

Wat eens ʼn gevaarlike stuk pad was wat duisende pendelaars daagliks gebruik, is nou slaggatloos.

Die party het die Ekurhuleni-metro al verskeie kere versoek om die slaggate te herstel, maar daarvan het dadels gekom.

Die VF Plus het daarom besluit om self in te spring en die nodige herstelwerk te doen.

Hierdie optrede is ʼn bewys dat die VF Plus nie net in die raadsaal vir Ekurhuleni-inwoners se belange veg nie, maar ook prakties daaraan uitvoering gee om ʼn veilige omgewing te skep.

Die inwoners van Kemptonpark verdien beter en kan nie voortdurend gestraf word vir die wanbestuur van die metro nie.

Die projek is ʼn duidelike boodskap aan die Ekurhuleni-metro dat gemeenskappe saam kan werk om ʼn vervalle dorp weer op te bou.

Die VF Plus spreek sy dank uit aan Checkers in die Elgin-inkopiesentrum vir sy ruim skenking van teer en ook aan die Vleis Fabriek vir sy bydrae.

Die party sal aktief werk om die metro te dwing om sy plig na te kom om infrastruktuur te onderhou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.