Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus is gekant teen petisiekomitee se buitensporige uitgawes

Die VF Plus in Gauteng het kapsie gemaak teen die provinsie se petisiekomitee wat ‘n bedrag van R2 miljoen wil spandeer aan eksterne verhore in die provinsie vir die 2017/18 finansiële jaar.

Dit het tydens ‘n sitting van die komitee aan die lig gekom dat die komitee beplan om ‘n klomp eksterne verhore buite die Gautengse wetgewer te hou. Hierdie uitgawes sluit in verversings, huur van klank- en kameratoerusting asook verblyfkostes in hotelle in die provinsie.

Op ‘n vraag aan die komitee van mnr Philip van Staden, VF Plus se LPW in Gauteng en lid van die komitee, waarom hierdie uiters hoë onkostes aangegaan moet word aangesien die wetgewer toegerus is om hierdie tipe van verhore intern te kan hanteer, het die komiteeklerke aangedui dat dit demokrasie neem na die mense op grondvlak.

“Die VF Plus voel dat dit onnodig is om sulke uitgawes aan te gaan terwyl die wetgewer oor hierdie fasiliteite beskik. Nie net voel ons dat die belastingbetaler se geld hierdeur gemors word nie, maar waarom eksterne verhore hou as jy reeds oor die nodige fasiliteite beskik om dit intern te laat plaasvind. Ons ruik ‘n rot en dit wil voorkom asof die ANC-amptenare genoeg geld wil mors voordat hul moontlik die provinsiale regering in 2019 kan verloor.”

Die VF Plus het nie die petisiekomitee se begroting vir die 2017/18 boekjaar tydens die beplanningsvergadering ondersteun nie en ook aangedui dat die party nie deel sal uitmaak van eksterne verhore en in hotelle oorbly om belastingbetalers se geld te vermors nie.

Die verslag is terug verwys na die wetgewer se finansiële komitee.

 

Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.