Dit is duidelik dat die ANC-speaker in die Emfuleni-stadsraad nie opgewasse is om die vergadering te beheer of die EFF in toom te hou nie, sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni.
“Dieselfde scenario speel keer op keer af wanneer EFF-raadslede elke raadsvergadering ontwrig en geen besluite geneem kan word nie. Die dorp kan nie behoorlik funksioneer sonder raadsbesluite nie.
“Die EFF het hierdie keer te ver gegaan om hul beplande ontwrigtingstaktiek uit te voer. Sekuriteitsbeamptes moes van pepersproei gebruik maak om oproerige raadslede uiteen te jaag. Dit is ‘n skande,” sê raadslid Senekal.
Tydens die spesiale raadsvergadering vandeesweek moes lede die voorgelegde begroting hanteer en goedkeur.
“Die VF Plus gaan beslis die speaker aanspreek en vra dat hy die situasie beter hanteer tot voordeel van die inwoners van Emfuleni,” aldus rdl. Senekal.
Kontaknommers: 076 616 2124