fbpx
Vryheidsfront Plus

Gautrein 2: Openbare deelname moet eers geskied

Die VF Plus in Gauteng het die paaie en vervoer komitee in die Gauteng wetgewer duidelik laat verstaan dat, alvorens die wysigingswetsontwerp op die Gautrein Bestuuragentskap deur ‘n sitting van die wetgewer aanvaar kan word, voldoende openbare deelname eers moet plaasvind in die provinsie.

Dit volg nadat die Gautrein Bestuursagentskap die betrokke wet wil wysig voordat daar voortgegaan kan word met die uitbreiding van Gautrein 2 na dele van die Oos-Rand en Lanseria-lughawe in die Wes-Rand.

Die VF Plus is bekommerd oor hierdie wysiging aangesien die magte en pligte van die Gautrein weggeneem gaan word van die nasionale minister en in die hande geplaas gaan word van die provinsiale LUR.

Die party se LPW in Gauteng en lid van die komitee, mnr Philip van Staden, het gesê dat hy nie kan verstaan waarom daar ‘n dringendheid is om die wet te wysig nie voordat daar met die uitbreidings van die treindiens begin word nie.

“Voordat enige wet deur die Gautengse wetgewer gewysig kan word, moet daar eers openbare deelname plaasvind in die provinsie.

“Die Gautrein Bestuursagentskap wou die betrokke wet op 9 Junie 2017 wysig, maar die VF Plus het aangedui dat die tyd te kort is vir behoorlike openbare deelname. Die VF Plus is van mening dat indien daar nie behoorlike prosesse en konsultasies gevolg gaan word nie, die projek in die hek kan duik deur uitgerekte hofprosesse en geweldige finansiële verliese kan veroorsaak.

“Die voorsitter van die paaie- en vervoerkomitee in Gauteng het gister aangedui dat die nodige konsultasies gehou gaan word en dat die eerste openbare deelname-proses hierdie komende Saterdag, 3 Junie 2017, in Johannesburg afskop.

“Die VF Plus sal hierdie openbare deelname-proses uiters fyn dophou en ook insette rondom die wysiging van hierdie wet indien. Indien ons bevind dat die proses nie korrek hanteer is nie en gestoomroller word, sal ons verplig wees om die wysigingswetsontwerp in die wetgewer teen te staan, het Van Staden gesê.

Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410
epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.