Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus instrumenteel in afkeur van aansuiweringsbegroting van Johannesburg-metro

Die VF Plus het nie die 2023/24-aansuiweringsbegroting van die Johannesburgse metro gesteun nie en die raad kon daarom nie genoeg stemme kry om dit goed te keur nie.

Die party het dit duidelik gestel dat die voorgestelde aansuiweringsbegroting nie die werklike benarde situasie waarin die metro verkeer, weerspieël nie.

Die begroting het voorgestel dat die begrote surplus voor kapitale toelaes en -bydraes verlaag word van R2 miljard rand tot R1,1 miljard.

Die werklike syfer vir die afgelope ses maande tot 31 Desember 2023 toon ‘n verlies van R563 miljoen. Daar is geen vooruitsigte dat hierdie begrote syfers kan realiseer nie.

Die begrote inkomste van elektrisiteit is afwaarts aangepas van R23 miljard tot R19,1 miljard met ‘n afname van R3,9 miljard. Beurtkrag is as rede aangevoer asook verbruikers wat van alternatiewe kragvoorsiening gebruik maak.

Die begrote inkomste uit boetes is afwaarts aangepas van R952 miljoen tot R161 miljoen. Die hoofrede is die Poskantoor se onbevoegdheid om boete-kennisgewings af te lewer.

Aan die uitgawekant is die aankoop van elektrisiteit van Eskom verlaag van ‘n begrote R16,4 miljard tot R13,6 miljard wat ‘n afname van R2,7 miljard beteken. Hierdie afwaartse aanpassing is totaal onrealisties.

Die verlies aan slegte skuld is met R771 miljoen afwaarts aangepas tot R7,2 miljard. Hierdie syfer is ook totaal onrealisties aangesien die invorderingskoers van water in besonder slegs 71,9% beloop.

Die ANC-regering van die Johannesburgse metro steek sy kop in die sand en skram weg van die benarde situasie waarin die stad homself bevind.

Die VF Plus dring daarop aan dat die metro ʼn meer realistiese aansuiweringsbegroting aan die raad voorlê vir goedkeuring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.