fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus inisieer ‘n ‘aanneem en beveiliging’-inisiatief van verkeersligte in Brakpan

Die VF Plus het ʼn ‘aanneem en beveiliging’-inisiatief tussen die Gautengse provinsie en die Carnaval-inkopiesentrum in Brakpan bewerkstellig wat daartoe gelei het dat die sentrum die verkeerslig in Heidelbergweg aangeneem het.

Dié verkeerslig is reeds sedert November buite werking en veroorsaak erge verkeersopeenhopings, veral vir inkopiegangers wat die sentrum wil besoek.

Die sentrum se bestuur het die VF Plus onlangs geskakel om te help met die herstelwerk aan die verkeerslig. Die betrokke verkeerslig is egter die provinsie se verantwoordelikheid en die saak is op gewentel na die provinsiale departement van paaie.

Verskeie vergaderings tussen die belanghebbendes het gevolg en die sentrum sal die verkeerslig eersdaags herstel en beveilig.

Die VF Plus vergader nou maandeliks met die departement en die Ekurhuleni-metro om nog provinsiale verkeersligte te identifiseer wat maatskappye kan “aanneem”.

Alhoewel dit skandalig is dat private maatskappye betrek moet word om die Gauteng-provinsie se vervoerinfrastruktuur te herstel en onderhou, is dit steeds belangrik om paaie te beveilig.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om inwoners se belange eerste te stel en om deurlopend druk op die regering te plaas om sy werk te doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.