fbpx
Vryheidsfront Plus

Onwettige grondbesetting by Polokwane die gevolg van Onteieningswet

Die onwettige besetting van ʼn stuk grond in die Juju-vallei in die Polokwane-plaaslike munisipaliteit is klaarblyklik die direkte gevolg van die Onteieningswet.

Luidens berigte beweer die besetters dat dié wet hulle magtig om die grond te beset omdat dit nie gebruik word nie.

Hierdie tipe onwettige besettings gaan ʼn algemene gesig word indien daar nie streng teen onwettige grondbesetters opgetree word nie.

Terwyl die wet self nie uitdruklik onwettige grondbesetting aanmoedig nie, kan die implementering daarvan groot probleme veroorsaak.

Die wet sal, soos wat uit hierdie besetting blyk, onbedoelde gevolge inhou wat vir politieke gewin misbruik kan word en konflik kan veroorsaak.

Die instrument wat die ANC voorhou as transformasie in openbare belang, gaan Suid-Afrika nog duur te staan kom.

Hierdie besetting bewys die VF Plus se standpunt oor die wysigingswet en die party sal alles in die stryd werp om enige vorm van onteiening wat nie met markverwante vergoeding gepaard gaan nie, te stop.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.