fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Tshwane geskok oor onthullings dat personeelhoof nie nodige kwalifikasies het nie

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het met skok verneem van mediaberigte dat die metro se personeelhoof nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie.

Die koalisie het tot nou waarde toegevoeg vir elke inwoner van Pretoria en daarom is hierdie aantygings kommerwekkend na al die goeie werk wat die koalisie doen en al gedoen het.

Een so ‘n voorbeeld is die 2016/17-jaarsverslag waar die metro ‘n ongekwalifiseerde opinie van die Ouditeur-Generaal ontvang het.

Die volgende rondom die jaarverslag is ook van belang:

• Ongemagtigde uitgawes verminder met R1 miljard.
• Onreëlmatige uitgawes verminder met R112 miljoen.
• Kontant voorhande het met R900 miljoen toegeneem.

Die VF Plus beskou hierdie aantygings as baie ernstig en glad nie in lyn met die koalisie-ooreenkoms nie.

Die VF Plus gaan die saak met beide die Tshwane-burgermeester, Solly Msimanga en die veelparty-koukus se voorsitter bespreek.

Kontaknommer: 072 815 4053

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.