Minister Pravin Gordhan het gister met die begrotingsdebat van die departement van openbare ondernemings in antwoord op die VF Plus se verwysing na ‘n moontlike skikking in die Transnet-pensioenarisse se groepsgeding teen Transnet en die regering, bevestig dat die regering wel ‘n skikking oorweeg.
Hy het ook genoem dat die twee partye se regspanne mekaar moet ontmoet en tot ‘n vergelyking moet kom oor ‘n moontlike skikkingsbedrag.
Die VF Plus vind hierdie uitsprake van die minister as positief en beskou dit as ‘n stap in die regte rigting.
Die party hoop dat ‘n billike skikking spoedig bereik sal word in die belang van sowat 40 000 pensioenarisse wat oor die jare swaar gely het en in groot armoede en ellende gedompel is weens die stroping van hul fondse.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216