Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Standerton gee om vir sy dorp se toekoms en spring in met projekte

Die VF Plus in Standerton se takvoorsitter, Wilma Venter, het haar woord gestand gedoen nadat sy onderneem het om die dorp se gemeenskap deur middel van verskeie projekte te help.

Wilma het toegesien dat haar tak die Meyerville-parkie in Nelson Mandelaweg opruim deur die vullis en gebreekte glas op te tel asook die lang gras en uitheemse plante te verwyder.

Die haglike toestand van die Meyerville-parkie het dit onmoontlik gemaak vir die gemeenskap om te gebruik en het ook misdadige elemente gelok.

Die VF Plus is ook besig met 'n projek om rolstoele aan die ouetehuis in Standerton te verskaf.

Die bereidwilligheid van inwoners van die Lekwa-plaaslike munisipaliteit om hande te vat met die VF Plus om Standerton tot sy eertydse glorie te herstel, word hoog op prys gestel.

Die VF Plus gee om vir die toekoms van almal op die dorp en dit is belangrik dat inwoners se waardes en regte deur die munisipaliteit in ag geneem word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.