Die VF Plus in die Sedibeng-stadsraad (Meyerton, Heidelberg, Vereeniging, Vanderbijlpark ) het gister ‘n amptelike klag by die raad se speaker, MM Gomba, ingedien na aanleiding van EFF-raadslede se voortdurende onbehoorlike gedrag, intimidasie en kwaadwillige saakbeskadiging binne die raadsaal.
Die EFF se onbeskofte optrede om sprekers te verskreeu en sodoende konstruktiewe argumente en debat te verhoed, weerspieël nie die gedrag van ‘n politieke party nie, maar eerder dié van ‘n terreur-organisasie.
Die VF Plus sal hierdie optrede nie duld nie en het speaker Gomba gevra om die klagte na die reëls- en etiekkomitee te verwys. Dit is die vierde raadsvergadering wat deur EFF-raadslede ontwrig word.
Dit is tyd vir swaar boetes omdat die verwydering van opruiende lede geen doel meer dien nie. Die EFF is geensins ernstig oor dienslewering nie. Hulle bevorder rassehaat en haatspraak en mors ander politieke partye se kosbare tyd.
Die EFF se opruiende uitlatings (dat boere hul grond gesteel het) gedurende ‘n raadsvergadering is ‘n blatante leuen en kan nie langer geduld word nie.
Kontaknommer:071 640 7283