fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Oos-Kaap doen opnuut ‘n beroep op landelike gemeenskappe om paraat te wees na nog ‘n plaasmoord

Die VF Plus doen opnuut ‘n beroep op die landelike gemeenskappe in die Oos-Kaap om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp en te alle tye paraat te wees na die jongste plaasaanval en -moord op mnr. John Viedge op sy plaas Highlands naby Nqangarhu (Maclear).

Drie mans het Sondagoggend deur ’n venster toegang tot Viedge se plaashuis verkry. Hy is glo deur ’n veiligheidshek geskiet. Mnr. Viedge se vrou was ook in die huis, maar is ongedeerd.

Hoewel die polisie sê huisroof was vermoedelik die motief vir die aanval, het die aanvallers gevlug sonder om iets te steel en is steeds op vrye voete.

Inwoners van landelike gemeenskappe word aangemoedig om aan te sluit by hul plaaslike buurt- en plaaswagte wat ‘n gesamentlike doelwit het om die omgewing te beveilig in samewerking met die polisie.

Die VF Plus het nog altyd erns gemaak met plaasaanvalle en dring daarop aan dat die landelike beveiligingsplan, wat voorsiening maak vir die aanstel van bykomende personeel vir gespesialiseerde landelike eenhede, ten uitvoer gebring word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.