fbpx
Vryheidsfront Plus

Gautengse polisiekommissaris moet verduidelik oor diefstal van polisie-vuurwapens

Die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, het verlede Vrydag tydens ‘n komiteevergadering van die provinsiale gemeenskapveiligheidskomitee, op ‘n vraag van die VF Plus erken dat 84 polisie-vuurwapens vanaf Januarie tot Maart vanjaar as gesteel aangemeld is.

Die VF Plus is besorg oor die groot aantal gesteelde polisie-vuurwapens aangesien die kans groot is dat dit in die besit van misdadigers kan beland of reeds is.

Polisiebeamptes in besit van ‘n staatsvuurwapen is bevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te hanteer en daarom verwag die party dat elke saak deeglik ondersoek moet word.

Die VF Plus het Mawela ook gevra vir meer inligting oor watter tipe vuurwapens gesteel is, hoeveel ammunisie, by watter polisiekantore, hoeveel van dié diefstalsake ondersoek word en afgehandel is en hoeveel polisielede bevoeg is om ‘n vuurwapen te hanteer.

Mawela het met sy provinsiale kwartaaloorsig oor Gautengse misdaadstatistiek aangekondig die provinsiale moordsyfer het vanaf Januarie tot Maart vanjaar met 3,9% toegeneem en poging tot moord met 5%. Die grootste oorsake wat tot die stygende syfers aanleiding gegee het, is argumente, misverstande, padwoede en uitlokking.

Seksuele misdrywe het ook die afgelope kwartaal met 0,9% gestyg. In dieselfde tydperk verlede jaar is 2602 sake aangemeld en vanjaar 2625 wat ‘n styging van 23 gevalle toon.

Nog ‘n ontstellende syfer is die styging in vragmotorkapings. In Januarie tot Maart 2020 was daar 144 gevalle en in dieselfde tydperk vanjaar was daar 206 gevalle wat ‘n styging van 43,1% is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.