fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus bevraagteken ANC-regering se vermoë om moontlike patentverslapping van Covid-19-entstof te bestuur

Die VF Plus bevraagteken die vermoë van die Suid-Afrikaanse regering om moontlike patentverslapping of -vrywaring vir Covid-19-entstof effektief in werking te stel en te bestuur.

Die minister vir handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, het vandag tydens ‘n parlementêre portefeuljekomitee-vergadering bevestig dat Amerika, Indië, ontwikkelende lande uit Afrika en Asië die poging ondersteun en dat Australië, Nieu-Seeland en Kanada gekwalifiseerde steun beloof, terwyl die Europese Unie sy standpunt voorbehou.

Terwyl die regering gesprekke voer met farmaseutiese maatskappye en bilaterale gesprekke plaasvind met regerings om wyer steun te werf vir die verslapping van eiendomsreg van Covid-19-entstof, ervaar Suid-Afrika die gevolge van die onbeholpe hantering van vroeëre inperkingsmaatreëls, die swak uitrol van die inentingsprogram en voortdurende korrupsie met Covid-19-hulpfondse.

Dit het tot dusver bygedra tot groot agterstande met inentings en die ontwikkeling van entstowwe. ‘n Tydsverloop van selfs drie jaar voordat ‘n patentverslapping die plaaslike vervaardiging van entstowwe sal laat realiseer, bring skrale troos.

Die ANC met president Cyril Ramaphosa aan die hoof, moet volle verantwoordelikheid neem vir die verswakte vermoë waarmee Suid-Afrika die gevolge van Covid-19 moet beveg en vir die nadelige gevolge daarvan vir die ekomomie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.