fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC het jeug se toekoms gesteel

(Debat in parlement: Jeugdag)

Die ANC het ‘n somber landskap geskep vir die jeug van Suid-Afrika. Werkloosheid vier hoogty en daar is haas geen vooruitsig op verbetering nie. Die regering het die toekoms van die jeug gesteel.

Om hieraan te ontkom, verlaat sowat 25 000 geskoolde werkers die land jaarliks weens redes soos ‘n gebrek aan geleenthede, die hoë misdaadsyfer, beleidsonsekerheid van die regering en ‘n ekonomie wat tot stilstand geknars het.

Selfs indien ‘n jong persoon daarin slaag om Matriek of ‘n naskoolse kwalifikasie te verwerf, is sy geleenthede uiters beperk.

Alles dien as bewys dat die regering geen erns het met die land se jeug nie. Die mooi geluide wat wel gemaak word, is blote lippediens. ‘n Wanfunksionele staatsdepartement vir die jeug en ‘n betekenislose jeugontwikkelingsagentskap is deel van hierdie niksseggende vertoon. Dit dra nie by tot die ontwikkeling van die jeug nie.

Wanneer gepraat word van ontwikkeling deur tegnologie, moet faktore soos gebrekkige kragvoorsiening in berekening gebring word. Die land het stabiele kragvoorsiening nodig, betroubare vervoerstelsels en begaanbare paaie om ekonomiese ontwikkeling en groei te bewerkstellig. Dit verval by die dag.

Mislukte ideologie skep ‘n omgewing sonder hoop. ‘n Omgewing sonder ekonomiese groei en sonder werkskepping laat die jeug in die steek. Lippediens kan nie beter geleenthede en ‘n beter toekoms skep nie.

Die regering kan gewis nie Jeugdag en Jeugmaand vier nie. Hoe vier ‘n regering die feit dat hy sy jong mense in die steek gelaat het? Hy moet hom eerder skaam oor hierdie nalatenskap.

Die ANC-regering moet erken dat die jeug nie sy prioriteit is nie. Sy korrupsie het die jeug se toekoms gesteel.

Daar is nogtans wel ‘n toekoms vir die jeug van die land – elk met sy eie taal, kultuur en geskiedenis. Daardie toekoms sal egter net kan aanbreek sonder die ANC , en gewis sonder die EFF aan die stuur.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.