Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dringende optrede nodig teen zama-zama-geweld in Mpumalanga

Die VF Plus veroordeel die gewelddadige bendeagtige optrede van zama-zamas wat op 29 September 2026 die N4-hoofroete en Schoemanskloof-pad naby Montrose vir die grootste deel van die dag tot stilstand gedwing het.

Hewige skietgevegte langs die Krokodilrivier het verkeer lamgelê. Voorvalle soos dié sal die Laeveld se ekonomie, handel en toerisme ernstig ontwrig.

Hierdie voorval is deel van ’n toenemende patroon van geweld wat Mpumalanga teister. In April 2024 is drie zama-zamas tydens ’n konfrontasie in Sabie doodgeskiet en ’n polisielid gewond, terwyl die polisie beslag gelê het op AK 47-aanvalsgewere en honderde rondtes ammunisie.

In Pelgrimsrus het onwettige mynbou die R533 sodanig ondergrawe dat die pad gevaarlik insak, en langs die Blyderivier veroorsaak zama-zama aktiwiteite ernstige omgewingsbesoedeling. Inwoners en toeriste word intussen aan intimidasie en misdaad blootgestel.

Die VF Plus het die krisis reeds in die provinsiale wetgewer geopper en het sy parlementslid vir polisiesake versoek om dit dringend met die minister van polisie op te neem.

Die party eis ’n daadwerklike en omvattende strategie, insluitend ’n gespesialiseerde taakspan, om die zama-zama-bedreiging te takel en wet en orde in Mpumalanga te herstel.

Die provinsie en sy mense kan nie langer deur misdadige sindikate gyselaar gehou word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.