Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Noordwes geskok oor omstrede ANC-premierskeuse

Die verkiesing van die omstrede Lazarus Mokgosi as nuwe premier in die ANC-beheerde Noordwes vandag, is skokkend.

Mokgosi is sedert 2016 in omstredenheid gehul toe hy en vyf ander ANC-ontplooide senior bestuurders van Noordwes se departement van openbare werke geskors is weens hul betrokkenheid by talle ongerymdhede wat in ʼn forensiese ondersoek blootgelê is.

ʼn Forensiese ondersoeker, Open Waters, is in Desember 2014 aangestel om ongerymdhede in die departement te ondersoek. Die verslag oor die ondersoek is nooit bekend gemaak nie.

Mokgosi se verkiesing vandag versterk die indruk dat korrupte ANC-kaders ten alle koste beskerm en selfs beloon word deur die ANC in Noordwes. Dit is duidelik dat die greep van die ANC se korrupsie-troikas steeds die botoon in die provinsie voer.

Die VF Plus in die Noordwes-wetgewer sal eis dat die volledige 2016-verslag van Open Waters bekend gemaak word om te bepaal of Mokgosi geskik is om as premier van Noordwes te dien.

Die inwoners van Noordwes ly reeds lank onder die gevolge van korrupsie en die stroping van openbare fondse onder opeenvolgende ANC-regerings in die provinsie.

Die VF Plus sal bly stry vir ʼn professionele provinsiale regering in ʼn korrupsievrye omgewing om Noordwes te herstel en te bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.