fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Gauteng vra streng optrede teen grondbesetters

Die VF Plus in Midvaal het gistermiddag met senior polisie-offisiere en verteenwoordigers van die Gautengse provinsiale behuising- en veiligheidskomitee vergader oor die protesaksie deur die Elandsfontein-grondbesetters. Altesame 24 betreders is in hegtenis geneem, maar is vrygelaat nadat die hof besluit het om nie voort te gaan met vervolging nie.

Die VF Plus het owerhede gevra om streng teenoor grondbesetters op te tree omdat grondeienaars se lewe in gevaar gestel word.

Die party was die afgelope naweek deel van ‘n groep organisasies, buurtwagte en mense wat gehelp het om die grond en besittings van vier kleinboere in Elandsfontein, suid van Johannesburg, te beskerm toe honderde grondgrypers op die landbougrond toegesak het.

Grondeienaars se huise is met petrolbomme bestook terwyl honderde mense gedreunsing en met messe en pangas rondgehardloop het.

Die groep ontstoke grondgrypers het die naweek teruggekeer nadat die Johannesburgse metropolisie kragtens ‘n hofbevel op 25 Junie onwettige strukture op die hoewes afgebreek het.

Grondbesettings in Gauteng neem toe en owerhede kan nie toelaat dat plaasboere se grond en eiendom bedreig word nie.

Die VF Plus sal voortdurend die owerhede aanspoor om toe te sien dat eiendom en mense se lewe beskerm word.

Navrae: 071 640 7283

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.