In Warrenton, die Noord-Kaapse dorp op die walle van die Vaalrivier met gereelde watertekorte, het die VF Plus weereens ingespring om inwoners se lyding te verlig. 'n Watertenk is deur die VF Plus geskenk en deur lede in die dorp geïnstalleer en word gereeld deur hulle gevul. Sodoende het inwoners altyd ten minste toegang tot water.
Hierdie stap het 'n jarelange aanloop. Die Magareng-munisipaliteit se Wyk 4 beslaan die ou stasie-omgewing. Hierdie deel van die dorp se water word uit die Vaalhartskanaal voorsien, wat periodiek vir onderhoud gesluit word.
Nadat munisipale bestuur minder te wense gelaat het, is voorsorg vir hierdie voorspelbare gebeurtenisse getref. Die afgelope paar jaar was dit egter nie die geval nie en huishoudings was gereeld vir etlike dae sonder water.
Gedurende wateronderbrekings het VF Plus-voormanne in Warrenton, mnre. Gert van Heerden en Piet Karsten, water van die een se boorgat onttrek en met die ander se watertrok aan inwoners voorsien. Met die aanbring van die nuwe watertenk kan hierdie noodvoorsiening van water op 'n vaster grondslag plaasvind.
Met hierdie stap bewys die VF Plus dat die party nie slegs die regering in raadsale op alle vlakke met swak bestuur konfronteer nie, maar ook praktiese grondvlak-oplossings beraam.
Navrae: 082 573 0544