Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Brakpan help om munisipale werkers te beskerm

Die VF Plus, in samewerking met buurtwaglede en die polisie in Brakpan, het sedert die naweek begin om substasies in die dorp gedurende beurtkrag te beveilig.

Die inisiatief volg op ʼn skietvoorval in Boksburg waar ʼn elektrisiën, Dewaal Smit, Saterdagaand gewond is terwyl hy besig was met herstelwerk aan ʼn substasie.

Dit gebeur dikwels dat die krag na beurtkrag snags uitskakel en ʼn elektrisiën na ʼn substasie moet haas om die krag te herstel.

Dit raak egter al hoe gevaarliker vir elektrisiëns om in die nag na substasies te gaan. Inwoners moet dan tot die volgende dag wag voordat die krag herstel kan word.

Die party en die buurtwag is reeds besig met patrolliediens om infrastruktuur in die dorp te beskerm, maar het ná die skietvoorval in Boksburg besluit om ook die polisie te betrek.

Lede uit die groepe sal munisipale werkers snags na substasies in Brakpan vergesel. Een van dié substasies is afgeleë en deur bosse omring.

Die lewe van munisipale werkers en die beskerming van kritieke infrastruktuur is vir die VF Plus belangrik en daarom is besluit om ʼn wesenlike rol te speel in dié verband.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.