fbpx
Vryheidsfront Plus

Bronnepad: VF Plus vervul sy waghondrol met padprojek

Die VF Plus monitor die instandhoudingsprojek van die Bronnepad (R520/P134/1) in die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit deeglik om die veiligheid van inwoners en motoriste wat dié pad gebruik, te verseker.

Die Bronnepad loop deur Naboomspruit.

Met voltooiing van die eerste fase van die projek het die party ’n skrywe gerig aan Limpopo se padagentskap (RAL) en versoek dat daar gekyk word na verskeie probleme wat tydens ’n oorsigbesoek geïdentifiseer is.

Dit het daartoe bygedra dat die omvang van die projek aangepas is om nie net die herstel van slaggate in te sluit nie, maar ook die herwinning en stabilisering van die basislaag.

Danksy die party se waghondrol, betrokkenheid en monitering van die projek, is daar aandag gegee aan die probleme met fase 1 en is dit reggestel.

Die party het ook navraag gedoen oor die moontlikheid van ’n volgende fase aangesien dit ’n belangrike pad is vir onder meer mynbedrywighede, landbou, toerisme asook vir inwoners van ’n plaaslike aftreeoord in die provinsie.

Fase 2 is ná volgehoue druk goedgekeur en die kwaliteit van die werk in hierdie fase is ook beter.

Inwoners is welkom om enige klagte oor die pad te rig aan VF Plus-wyksraadslid Marita Louw by 083-273-4538 aangesien die projek vir die volgende twaalf maande nog onder kontrak is.

Sou daar enige bykomende werk nodig wees, is daar fondse beskikbaar om dit te doen.

Die VF Plus sal sy waghondrol volhou en die belange van inwoners eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.