Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus help om Wêreld-gedenkmonument in Springs te bewaar

Die VF Plus het Vrydag saam met verskeie kultuurorganisasies, sakelui en die gemeenskap die opening van die herstelde Wêreldoorlog-gedenkmonument in Springs gevier.

Organisasies wat betrokke was, is die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), die Voortrekkers, sakelui en inwoners.

Die geleentheid was die voortsetting van ʼn aksie bykans ʼn jaar gelede toe ’n groot groep vrywilligers die gebied om die verwaarloosde gedenkbeeld begin skoonmaak het en besluit het om dit tot sy vroeë glorie te herstel.

Die Wêreldoorlog-gedenkmonument is in 1965 opgerig ter ere van inwoners van Springs wat gedurende die Eerste- en Tweede-wêreldoorlog gesterf het.

Die name van die soldate is op ’n marmerblad gegraveer.

Die teenwoordigheid van die jeug met die skoonmaakaksie en opening is prysenswaardig en toon die vrywilligheid van die jeug wat met trots hul erfenis wil bewaar.

Die herstel van die monument is ’n bewys dat politici, kultuurorganisasies, sakelui en die gemeenskap kan saamwerk vir ’n groter doel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.