fbpx
Vryheidsfront Plus

Kragsabotasie in Roodepoort

Die afgelope week is subkontrakteurs van die Stad van Johannesburg gevang waar hulle besig was om ʼn substasie in Wilropark, Roodepoort, te saboteer.

Dié gebied het die afgelope ses maande gebuk gegaan onder kabeldiefstal en algemene kragsabotasie.

Die gebeure is ‘n nuwe verskynsel waar kontrakteurs sabotasie pleeg om vir hulself meer werk te skep.

Dit gebeur veral na-ure en gedurende naweke om so oortydwerk vir hulself te bewerkstellig.

Die kontrakteur sal vandeesweek in die hof verskyn en die VF Plus meen dat dié soort misdaad aan terrorisme grens.

Die Wilropark-woonbuurt in Roodepoort is een van die gunsteling gebiede vir aftreeoorde in Johannesburg.

Daar is tans twee private aftreeoorde en ʼn staatsaftreeoord in die gebied.

Baie van die pensioenarisse is deurlopend van kragtoevoer afhanklik, veral diegene wat van suurstof en ander mediese toerusting afhanklik is om te oorleef.

Die ongeskeduleerde kragonderbrekings wat buite die beurtkrag-rooster val, veroorsaak ook gedurende die nag ʼn groot misdaad-risiko.

Die VF Plus stel voor dat die vermeende kragsaboteurs, indien hulle skuldig bevind word, ʼn gepaste vonnis ontvang wat as afskrikmiddel sal dien vir ander.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.