fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in by Thabazimbi om pypleiding te herstel

‘n Waterlekkasie aan die hoofpypleiding vanaf Magalieswater na Thabazimbi word nou uiteindelik herstel na ‘n ingryping van die VF Plus en volgehoue druk oor die laaste ses maande sedert die VF Plus dit aangemeld het.

Die munisipaliteit het deurlopend volgehou dat hy nie oor die nodige toerusting beskik om die lekplek te herstel nie.

Die VF Plus het toe met ‘n private maatskappy gereël om die munisipaliteit by te staan en die nodige grondverskuiwingsmasjinerie te verskaf om die pypleiding oop te grawe vir herstelwerk.

Die munisipaliteit het vandag met die herstelwerk begin. Die VF Plus sal volhou om druk toe te pas asook om inisiatiewe te loods om dienslewering in die munisipaliteit te verbeter.

Kontaknommer: 082 851 2056

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.