fbpx
Vryheidsfront Plus

Riool stroom tweede keer vandeesmaand deur Suidstraat in Carletonville

Die onvermoë van die Merafong-plaaslike munisipaliteit om die voortgesette rioolkrisis in Merafong te hanteer kan tot ernstige gesondheidsprobleme lei.

Die VF Plus is bekommerd oor inwoners van Suidstraat in Carletonville wat vir die tweede keer vandeesmaand met ‘n rioolkrisis worstel. Riool vloei deur erwe weens ‘n verstopte drein.

Die blokkasie is vir die eerste keer op 5 Oktober aangemeld waarna die munisipaliteit die probleem tydelik opgelos het. Op 13 Oktober het die riool weer begin uitvloei.

Na vele klagtes van die publiek en munisipale amptenare se leë beloftes, is die saak ook onder die aandag van die Gauteng-wetgewer se portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) gebring.

Hierdie is net nog ‘n bewys van die ANC se onvermoë om ‘n munisipaliteit te bestuur.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die inwoners van Merafong om munisipale probleme aan te meld om so volgehoue druk op die munisipaliteit en provinsie te plaas om oplossings te vind. Die VF Plus sal die saak aanhou aanroer om ‘n oplossing te vind.

Kontaknommer: 082 671 2302

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.