Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in by Strydenburg se waterprobleme

Die volksliedjie sê kinders moenie met die water mors nie… In die Karoo kan mens byvoeg: Die munisipaliteit ook nie.

By Strydenburg in die Noord-Kaapse Thembelihle-plaaslike munisipaliteit (Strydenburg en Hopetown) was dit wel die geval; soveel só dat inwoners vir maande lank slegs ‘n uur per dag water gehad het. Die probleem is darem nou grootliks opgelos.

Inwoners van Strydenburg het die VF Plus genader om ondersoek te doen oor waarom die lewering van water so gebrekkig is.

Die party het al verskeie kere munisipale personeel gehelp om probleme met pompe in Hopetown op te los.

Met die daaropvolgende besoek is vasgestel dat ‘n groot deel van die water wat uit ‘n boorgat sowat 16km van die dorp gepomp word, nooit die volgende pompstasie bereik nie.

Aangesien watervloei deur dié pyp laag is, het water wat nie weggevoer kon word nie, uit die reservoir gemors en in die veld uitgeloop.

Die VF Plus het ‘n klag by die Blou Skerpioene van die departement van water en sanitasie in gedien en het saam met die tegniese bestuurder, die betrokke wyksraadslid en sy eie personeel die hele pyp nagegaan.

Hulle het gevind dat verskeie luguitlaatkleppe buite orde was en het dit herstel.

Watervloei van die boorgat na die pompstasie halfpad dorp toe is herstel en die dorp ontvang weer water. Die pyp van die pompstasie na die dorp moet steeds nagegaan word, omdat dit moontlik nie optimaal funksioneer nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat die stelsel wel goed ontwerp en geïnstalleer is. Sonder onderhoud kan selfs die beste stelsel egter nie goed funksioneer nie.

Saam met die VF Plus kan ons herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.